Tel: 015 280 0027 (24/7) Tel: 015 297 0465
elegantguesthouse@polka.co.za
79 Oost street
Polokwane

Testimonials

02 Jul 2016
Vinnig in en uit Polokwane. Baie lekker gekuier met die eienaars vlugtig die oggend met ontbyt. Die kamer was baie gerieflik en goed toegerus. 'n Heerlike oase na 'n koue aand uit. Die ontbyt was besonders. Ons kan dit met 'n oop gemoed aanbeveel. Dit was stil en in 'n rustige buurt.
Linda van Niekerk
02 Jul 2016
Fantasties! Aangenaam verras! Mooi dekor, netjies en skoon. Als wat ons nodig gehad het. Arthur en Santi baie aangenaam. Saam met die heerlike ontbyt, definitief waarde vir geld. Sal verseker elke keer daar gaan bly!
Jackie Haasbroek
27 Apr 2016
Alles was van uitstaande gehalte. Elegant Guesthouse doen beslis sy naam gestand. Ons was baie vriendelik ontvang en die diens was deurgaans gasvry en vriendelik. Kamers baie netjies en skoon. Ontbyt baie keurig en heerlik voorgesit. Ons sal beslis weer van Elegant Guesthouse gebruik maak. Dankie Arthur en Santie, ons het dit baie geniet.
Louw Erasmus
12 Apr 2016
Everything was simply stunning! Very friendly hosts, clean, great quality, fabulous breakfast.
Swen Steinbruc
07 Apr 2016
Aangenaam verras met die netheid en elegansie van die gastehuis! Elegant Guesthouse kan beslis aanbeveel word vir enige persoon wat Polokwane besoek. Ek en kollegas was op 'n sakereis en almal was beïndruk en baie tevrede met die netheid, mooiheid van die gastehuis en ook die vriendelikheid van Arthur en Santie. Die kamer voldoen aan alle vereistes en meer vir oornag en die ontbyt was uit die boeke. Baie dankie vir 'n aangename ervaring.
laurette Nel

Pages

Testimonials

CAPTCHA
This question is for testing whether or not you are a human visitor and to prevent automated spam submissions.
h
y
F
s
R
s
Enter the code without spaces.